Gister was Mandela-dag, die dag waar Suid-Afrikaners aangemoedig word om iets goeds te doen.

Dit laat my dink aan ‘n storie…

Daar was eendag ‘n vrou wat oppad was werk toe. Voordat sy by die werk kon kom, gaan staan haar kar sonder petrol en sy het haar selfoon by die huis vergeet. Al die mense ry net verby haar, behalwe een man met die naam Henry. Hy stop en vra of hy kan help. Die vrou vertel toe vir hom dat sy sonder petrol gaan staan het en dat sy laat gaan wees vir werk. Henry verseker haar dat sy nie bekommerd moet wees nie en ry gou om vir haar petrol te gaan koop. Toe hy terugkom wil die vrou hom betaal, maar hy sê vir haar dat sy nie moet nie. Al wat hy van haar verwag is om volgende keer as iemand oor haar pad kom wat hulp nodig het, dat sy hulle sal help!

Die aand gaan eet die vrou by ‘n restaurant en ‘n swanger vrou bedien haar. Sy kry die swanger vroutjie toe so jammer dat sy vir haar ‘n R1000 saam met die betaling los, met ‘n briefie wat sê! Ietsie vir die baba!! Die vrou was ongelooflik bly, want sy en haar man kry baie swaar en met die baba wat oppad is, is daar nog baie goed wat hulle nodig het. Die aand toe sy in die bed klim, is sy dankbaar oor die dag en gee haar man ‘n soen op sy wang en se, “ek is lief vir jou, Henry!”

Baie keer help jy ander mense, jy reik uit of gee iets weg, net om te besef dat jy eintlik die een is wat daaruit baat!

Gaan maak hierdie week ‘n verskil in iemand se lewe!

Groete

Maartje