Verlede week tydens Pinkster het 2 Timotius 1:6-8 ‘n hele paar keer aan die woord gekom:
“Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ‘n vuur weer moet aanblaas. Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie…”
En nou is Pinkster verby. Maar Pinkster is nooit verby nie – want God se Gees is altyd by ons teenwoordig. Daarom bid ek die volgende gebed vir jou:
- Mag jy in die dae wat kom die krag van God se Vuur deur jou are voel bruis.
- Mag jy sy Stem hoor as Hy met jou praat.
- Mag jy wanneer veranderings in jou lewe kom aan Hom vashou.
- Mag jy om God se kampvuur in sy kerk kom sit en saam met ander gelowiges hitte en lig aan die wêreld gee.
- Mag jy iets van God se Vaderhart-liefde vir die wêreld ervaar en
- Mag jy deel wees van die groot veldbrand om God se koninkryk te laat kom.
Roelf
+++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
Internet geborg deur ZA Wireless. Vir goedkoop betroubare internet diens gaan na www.zawireless.co.za


Lewer kommentaar
Comments feed for this article