Die kerkraad en predikante het die kerk se verantwoordelikheid rondom ekologie as ‘n brandpunt vir die kerk vandag identifiseer. Ons het Prof Willie van Heerden gevra om op 13 Oktober die erediens te lei rondom hierdie onderwerp, en ‘n paar lidmate het na die tyd ook ‘n gesprek rondom die onderwerp met hom gehad.

Tydens die gesprek was daar belangstelling in die dokument wat Prof Ernst Conradie besig was om op te stel rondom klimaatsverandering. Hierdie dokument is nou gereed, ek kan afgelaai word by Network of Earthkeeping Christian Communities in South Africa, of deur direk hier.

Laas Sondag het ons die gesprek oor die kerk se taak in die huidige ekologiese situasie begin aanraak toe Willie van Heerden gepreek het, en na die tyd ‘n gesprek oor die tema fasiliteer het. As jy by die gesprek was sal jy die verwysing na die Kairos dokument oor klimaatsverandering waarby Prof Ernst Conradie betrokke is onthou. Daar was belangstelling in die dokument gewees. Jy kan die 7de weergawe hier aflaai. Ek het egter navraag gedoen, en Prof Conradie sê hulle sal binne ‘n paar dae klaar wees met die finale weergawe. Ek post dit dan weer hier.

Onthou oor die byeenkoms van die taakspan Ekologie van die Noordelike Sinode 10 Oktober by Monument-park. Dit kos R60, en inskrywingsvorms kan hier afgelaai word.

Ons het ‘n baie goeie bespreking oor The Shack gehad laas Sondag. Op versoek plaas ek die notas wat ons gebruik het hier op. Maak gerus kontak as jy van die vrae wat die boek losmaak met enige van die predikante wil bespreek.

Die Multnomah prinses

  • A Father who loved his only child
  • A sacrifice foretold by a prophet
  • A life willingly given in love to save others

Missy se vrae

  • Did it really happen?
  • Is the Great Spirit another name for God?
  • Then how come he is so mean?
  • Will I ever have to jump off a cliff?
  • Will God ever ask me to jump off a cliff?

Groot vrae

  • Wat beteken dit as iets “waar”  is?
  • Wie is God? Hoe praat ek oor God?
  • Wat maak ek met ‘n kwaai God?
  • Is God verantwoordelik vir my pyn?

Wat beteken dit as iets “waar”  is?
Hoe lees ek die boek?

“  Whether some parts of it are actually true or not, I won’t be the judge. Suffice it to say that while some things may not be scientifically provable, they can still be true nonetheless” (p12)

“  Perhaps if some of it is not actually true in one sense, it is still true nonetheless-if you know what I mean. I guess you and Sarayu will have to figure that one out.”  (p247)

Wie is God? Hoe praat ek oor God?

  • God pas nie in ons boksies nie:

–      Am I supposed to believe that God is a big black woman with a questionable sense of humor?” (p88-89)

–      “I’m not what you think I am” (p96)

  • Dit gaan oor verhoudings, nie reàls nie

–      p145 – verhouding van God met Godself en tussen God en mense
–      p205-207 – ons leef uit verhouding, nie reëls nie

Wat maak ek met ‘n kwaai God?

  • God en Jesus (p163 en 186)

–      “I understand Jesus’ love, but God is another story”

–      “They still play us off. Like good cop/bad cop most of the time, especially the religious folk”

  • God is daar in swaarkry (p173 – Moltmann)
  • God kan huil

Is God verantwoordelik vir my pyn?

  • Die maklike antwoorde:
    • Alles is God se wil
    • God toets ons
    • Daar is ‘n doel aan alles
  • Uitgangspunt: God is goed (p126)
  • Hierdie wêreld is ‘n rowwe plek (p165)
  • God meng nie in nie, maar is betrokke (p222)

Kritiek?

  • Drie-eenheid kan maklik 3 persone word.
  • God bly ten diepste misterieus, onbeskryfbaar (NGB), en die onbeskryfbare kan verlore gaan.
  • Die boek kan dit laat lyk asof dinge baie vinnig gebeur – onthou dit is ‘n jare lange journey wat in ‘n naweek ingedruk word.

Die waarde van die boek

  • Ons mag nuut praat oor God
  • Spreek ‘n paar moeilike vrae op ‘n manier aan wat toeganklik is
  • Skep ‘n verhaal waarmee ons kan identifiseer as ons seer het

Die notas maak heel moontlik nie sin as jy nie die gesprek bygewoon het nie. Jy kan ook gerus luister na Immanuel van Tonder, van NG Lynnwood, se onderhoud met Tienie Bosman, van NG Stellastraat. Laai dit af hier.

So klompie weke terug toe gooi ek ‘n boodskap op twitter met die vraag: “Wat was die ongewildste goed wat Jesus ooit gesê het?”.  ’n Mede dominee kolega reageer toe met Lukas 17:7-10:

7  “Sê nou een van julle het ‘n slaaf wat ploeg of vee oppas. Sal hy vir die slaaf sê as hy van die veld af inkom: ‘Kom eet eers gou’?
8  Natuurlik nie! Maar hy sal vir hom sê: ‘Maak vir my iets klaar vir aandete. Sit dan jou voorskoot aan en kom bedien my terwyl ek eet en drink. Daarna kan jy self eet en drink.’
9  ‘n Slaaf wat sy opdrag uitgevoer het, word mos nie bedank nie, of hoe?
10  So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”

“Sê nou een van julle het ‘n slaaf wat ploeg of vee oppas. Sal hy vir die slaaf sê as hy van die veld af inkom: ‘Kom eet eers gou’? Natuurlik nie! Maar hy sal vir hom sê: ‘Maak vir my iets klaar vir aandete. Sit dan jou voorskoot aan en kom bedien my terwyl ek eet en drink. Daarna kan jy self eet en drink.’ ‘n Slaaf wat sy opdrag uitgevoer het, word mos nie bedank nie, of hoe? So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”

Jesus het net so ‘n manier gehad om goed te sê wat ons altyd so bietjie ongemaklik laat voel. Dit is amper soos die gelykenis waarin hy vertel het dat ons meer soos die oneerlike bestuurder moet wees. Ek bedoel, hoe kan Jesus wat ons kom vrymaak sê ons moet moet soos slawe word? Hierdie is natuurlik een van daai gedeeltes wat lekker uit verband geruk kan word. Maar dit is ook een van daai gedeeltes wat ons liefs sal wil ignoreer. Maar nou staan dit daar, kom ons soek more saam na wat dit beteken vir ons vandag.

Pinkster is twee maal per dag hierdie volgende week. 15:00 en 18:30.

Ons praat nie maklik oor geld in die kerk nie. As die dominee oor geld preek sê ons maklik dat dit net is om die kerk se finansiële probleem op te los. Maar Jesus praat oor geld. Jesus praat meer oor geld as oor bykans enigiets anders! Sondag aand, 18:30, pak Maartje die geld onderwerp aan.

Natuurlik moet dit met handskoene gedoen word, maar dit moet gebeur. Hoe moet ons oor geld dink as Christene? Kan Lukas 12:22-34 ons help? Is daai gedeelte nog enigsins relevant vir ons vandag? Wat sal afhanklikheid van God beteken vir ons?

Laat ek dit daar laat vir nou. Wat is jou gedagtes oor hierdie gedeelte? Moet ons dit letterlik opvat as Jesus sê ons moet ons goed verkoop en vir die armes gee? Indien nie, hoe moet ons daaroor dink?

Maartje beleef rekenaar krisisse, so hier reg voor pinkster! So jammer dat hierdie post laat is, ek skryf egter gou so bietjie.

Sondag oggend in die saal, 9:00, preek Maartje uit Matteus 18:1-10. Hier vind ons die bekende frase: “Jy moet glo soos ‘n kind”… wel, nie regtig nie… daai woorde gaan jy nie in die Bybel kry nie, al gebruik ons dit so graag. Hier sê Jesus “Julle moet soos kindertjies word”. Alhoewel ons die woorde bietjie gaan verdraai het, is dit een van die mees gewilde goed wat Jesus gesê het, of so wil dit lyk.

Maar as Jesus dan nou nie gesê het dat ons moet glo soos kinders nie, en ons met daai versie nie enige moeilike vrae oor geloof en God kan sidestep nie, wat het dit dan beteken? Dit wil vir ons lyk asof dit nie ‘n baie gewilde ding was wat Jesus hier gesê het nie, dalk daarom dat dit vir ons makliker was om die betekenis so bietjie te gaan verander, eerder as om te gaan stilstaan by die vers.

Elkgeval, wil jy nie so bietjie vertel van kere wat mense hierdie versie (mis)bruik het nie? Sondag oggend deel Maartje bietjie die radikale implikasies van wat hier staan.

Ja ek weet, ‘n lekker uitlokkende tema. Dit was die idee. Maar in ons huidige kerk-klimaat hoogs relevant. Watter kerke is dan nou reg, watter verkeerd? Wat het die woorde van Jesus hieroor te leer?

Nou, so aan die begin van ons ou reeksie vir pinkster moet ek darem net myself mooi kwalifiseer: Ek dink nie Jesus se woorde moet of kan net so op vandag toegepas word nie. Ek dink nie Jesus het gepraat oor 21ste eeu Suid Afrika toe hy gepreek het nie, hy het wel gepraat oor 1ste eeuse Judea en Galilea, provinsies binne die groot Romeinde Ryk van die tyd. Tog glo ek sy woorde is radikaal relevant vir vandag! En dat ons sy woorde baie maklik verdraai.

Party sê ons verdraai dit juis omdat ons dit nie bloot net so wil toepas nie, maar vir my lyk dit meer en meer asof Jesus se woorde nog meer radikaal, en nog meer relevant, raak hoe meer ek dit verstaan teen die 1ste eeue konteks waarteen dit afgespeel het.

Ons sal blog oor die reeks ook. Ek blog sommer vandag oor Sondag oggend se preek in die Kerk, more en oormore sal oor die ander twee preke van Sondag handel, en van daar af post ons elke dag oor die volgende dag se preek. Los gerus vir ons ‘n comment, ons wil graag lees wat jy dink.

Sondag oggend 9:00 in die kerk dan, die vraag oor die kerke. Ons lees uit Lukas 9:49-50 en 11:14-23, en die twee sayings van Jesus waarop ons gaan fokus is dan:

  • Wie nie aan my kant is nie, is teen my (Luk 11:23)
  • Wie nie teen julle is nie, is vir julle (Luk 9:50)

Staan hierdie twee teenoor mekaar? Sê dit dieselfde? Dit moes intentioneel gewees het, Lukas moes geweet het waarmee hy besig is toe hy hierdie twee sayings wat so baie dieselfde is so naby mekaar geplaas het. Elkgeval, ek glo dat as ons die literêre konteks verstaan (dit is nou die plek wat die sayings inneem binne die onderskeie verhale en groter verhaal van Lukas) dan maak dit baie sin. Die boodskap wat ons dan by Jesus hoor moet ons ook radikaal uitdaag oor hoe ons oor kerke dink vandag.

Vanaand was een van daai rare ervarings waar jy net besef: “hier het iets beautiful gebeur waarvoor ek nie beplan het nie”. A.g.v ‘n klompie gesprekke en ervarings oor die afgelope 2 weke (o.a. ‘n TGIF byeenkoms  en lesing deur Scot McKnight) het ek besluit om oor Genesis 1 te preek vanaand. Hierdie teks is totaal uit verband uit gerus in die populêre godsdienstige gesprekke, en die alewige geveg van kreationiste, maar ek raak meer en meer oortuig dat ‘n letterlike interpretasie van Genesis 1 vir ons jongmense ernstige probleme veroorsaak.

Ek het so bietjie op facebook daaroor geskryf, en ‘n klompie mense het besluit om te kom bywoon, primer ‘n paar vriende en housemates van my. Roelf het vanoggend vertel van vanaand se diens, en toe ek hier aankom toe is hier ‘n hele klomp van ons bietjie ouer lidmate in die alternatiewe diens. Iets in my het aangegaan, want ek het gedink aan die dag toe ek en Roelf en Willem die eerste keer oor die alternatiewe dienste begin gesels het, en gesê het dat dit nie ‘n jeugdiens moet wees nie, maar ‘n diens waar jongmense en volwassenes saam oor God kan dink en droom en God kan aanbid.

Dit was vir my beautiful om te sien hoe jongmense hulle verwagtings deel, en volwassenes en ouer mense hulle verwagtings deel. Dit was vir my beautiful toe oom Andre ons uitnooi na sy sterrewag, en nog mooier toe die jongmense na die tyd na hom toe gaan en gaan sê hulle wil asseblief kom. Dit was vir my mooi hoe mense begin saamgesels het na die tyd, hoe vrae en spanninge wat van ons jonger lidmate oor goed het in gesprek met van ons ouer lidmate ‘n stuk vrede vind. Dit was vir my beautiful om te sien hoe gemaklik en lekker ons ouer lidmate ook inpas in ‘n diens wat eintlik deur ‘n klompie hoërskool lidmate aan die gang gesit is die laaste paar weke.

Het iemand die preek gehoor? Ek weet nie, indien jy nie het nie, kan jy hier van die gedagtes gaan lees wat ek vooraf geskryf het. Maar dit wat rondom die preek gebeur het sal ek sekerlik langer onthou as die preek self.

boekmerk kleinPinkster is op ons! Nog net ‘n week. Ek moet erken, daar is nog baie werk wat voorlê, maar baie is al gedoen ook. Hoe meer ek en Maartje daaroor chat, hoe meer raak ek opgewonde oor die week. Jesus het werklik radikale goed kom leer oor hoe ons moet lewe. Ek moet erken, dit is nie altyd maklike goed nie, en nie altyd gewilde goed nie. Maar dit verander my as ons daarmee werk. Ek hoop jy kan dit maak, saam met ons kom kuier, en saam soek na wat dit beteken om te sê: “ek sal regtig try”, wanneer Jesus praat van “volg my”. Elkgeval, ons sal jou op hoogte hou by hierdie blog, en sal daarvan hou as jy kom reageer oor waaroor ons preek. Hier is solank ‘n kort video waar ek en Maartje gesels oor die pinkster wat kom. En kyk gerus na ons program vir die week ook.

Carl Jordaan, een van ons ouderlinge, skryf die volgende:

Ek en die manne sit om die tafel in die klein biblioteek.  Die atmosfeer is gewyd. Die groepie  word begelei deur ʼn jong man wat hier leer kitaar speel het. Hulle sing uit hulle bundel liedjies soos “One day at a time” en “My sins were  higher than a mountain”.  Voordat ons met die Bybelstudie begin, wil hulle “Amazing Grace” sing, maar ek vra dat dit oorstaan tot na die studie, want vandag behandel ons Lukas 15 – die gedeelte oor die verlore seun.  Daarna kan hulle die lied wat geskryf is deur  die  bekeerde seerower,  John Newton  sing,  en kan woorde soos “Who saved a wretch like me” betekenis kry.

Hierdie manne het  foute gemaak waaroor hulle skaam voel, goed waaroor hulle die Here om vergifnis smeek, goed wat hulle opregte berou oor het, maar mens kan nou eenmaal nie die horlosie terugdraai nie. Hulle dien almal lang  termyne uit.  Wat hulle gedoen het en hoe hulle pad verkeerd geloop het, maak nie saak nie.  Wat saak maak is dat hulle ook soos die verlore seun by die varkpeule uitgekom het, en toe ontdek het  dat daar hoop is.  Daar is ʼn Vader wat verlang dat hulle huis toe moet kom en wat hulle met vreugde en blydskap inwag nadat Hy dag-na-dag die vlaktes ingestaar het. Dit is liefde so enorm,  so vêr bo ons begrip,  volkome, volmaak en sonder verwyt.

Maar daar is ook ʼn wêreld wat soos die  van die oudste seun, wat gereed staan om te veroordeel en te verwerp, wat nog nie die omhelsing  van ʼn verlangende Vader  verstaan nie, wat net nie kan glo dat God mense se lewens radikaal kan verander nie en hier in die gevangenis gebeur daar sulke wonderwerke.

Een man verlang na sy familie, maar hy word nooit besoek nie. Hy is afgesny. Nog ʼn man bel sy dogter omdat hy gehoor het dat sy verloof geraak het, hy wil sy blydskap deel en sy sit die foon in sy oor neer.

As God met ander oë na mense kyk wat hulle bekeer , moet ons nie ook dieselfde doen nie?  Laat ons dan  anders optree as die oudste seun met sy  oordeel en verwyte.  Is dit nie dalk juis die oudste seun wat die verlore seun is  in die verhaal nie?  

Ek wil vra dat ons vir die gevangenis sal bid. Dat ons met ʼn ander bril na hulle sal kyk.  Onder hulle is daar ware en opregte gelowiges wat  vergifnis en  hoop gevind deur  die volmaakte liefde van God.

Bid ook vir seën op die  werk wat onder andere ds Danie Kotze, Willem van Staden, dr Kobus Nieuwenhuizen en ekself daar verrig. 

Carl Jordaan